Sokker: Bafana Bafana-afrigter wys sy span aan

Sokker: Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, sê bestendigheid is die sleutel tot sukses in die Afrikabeker-toernooi volgende jaar. Hy het sy 23-tal aangewys vir volgende week se Afrikabeker-wedstryd teen Marokko in die FNB-stadion. Albei lande is in Groep K en het reeds gekwalifiseer vir die Afrika-skouspel wat in die Ivoorkus gehou sal word. Daar is geen werklike verrassings in Broos se groep nie, en spelers soos Ricardo Goss, Bathusi Aubaas en die jong ster, Thapelo Maseko is almal ingesluit. Broos sê die spelers het almal verdien om ingesluit te word.