Soektog na Zimbabwiese gevangenes wat ontsnap

Die polisie in Limpopo het met ʼn reuse-soektog begin na verdagtes wat betrokke was by die ontsnapping van ses verhoorafwagtende gevangenes in Makhado. Die Zimbabwiese burgers het met behulp van ʼn onbekende groep gewapende mans ontsnap, wat die polisievoertuig waarmee hulle vervoer is, aangeval het. Die woordvoerder van die polisie, Motlafela Mojapelo, waarsku die publiek om nie die verdagtes te konfronteer nie aangesien hulle gewapen mag wees en gevaarlik is.