Misbruik van fosfor kan lei tot tekort aan kunsmis

Wetenskaplikes waarsku die misbruik van fosfor kan tot ‘n dodelike tekort aan kunsmis lei wat voedselproduksie wêreldwyd sal ontwrig. Navorsing dui aan die oorbenutting van fosfor verhoog die vrystelling van metaan wat lei tot aardverwarming en die klimaatkrisis wat deur koolstof-uitstralings veroorsaak word. ‘n Professor aan die Universiteit van Lancaster, Phil Haygarth, sê fosfaatkunsmis wat van landerye na waterbronne spoel, kan akwatiese dooie sones skep wat visvoorraad bedreig. Haygarth doen ‘n beroep vir slimmer maniere om fosfor te gebruik.