Soektog na vermeende Maine-skieter duur steeds voort
Die soektog na die 40-jarige Robert Card duur voort in die Amerikaanse deelstaat van Maine. Card word daarvan verdink dat hy Woensdagaand tot en met 22 mense in twee afsonderlike massaskietvoorvalle gedood het. Hy het vlug ingeslaan en is steeds soek. Intussen is derduisende mense onder slot en grendel en daar word berig dat Lewiston, waar die skietery plaasgevind het, is soos ‘n spookdorp. Die goewerneur Janet Mills sê niemand verdien die tipe terreur nie.