Soektog na Titanic-duikboot is reuse-uitdaging

Die Amerikaanse kuswag sê die soektog na die vermiste duikboot met toeriste wat die Titanic se wrak in die Atlantiese Oseaan besoek het, is ‘n uitdaging. Daar is vyf mense, insluitend die Britse miljardêr Hamish Harding, aan boord van die duikboot, wat 96 ure onder water kan bly. ‘n Woordvoerder van die kuswag, John Mauger, sê hulle fokus nou daarop om so veel hulp as moontlik in die afgeleë gebied te kry: