Soektog na Titan duur voort ondanks uitgeputte suurstof

‘n Multi-nasionale soekspan wat die sogenaamde middernag-sone van die Noord-Atlantiese seebodem deurkruis op soek na die vermiste Titan-duikboot, sê hulle bly honderd persent gefokus op soek- en redding. Dit is ondanks die feit dat die beskikbare suurstof vir die vyf passasiers aan boord van die Titan so te sê uitgeput is. Die soekspan sê daar is steeds hoop dat die vaartuig na die oppervlak gebring kan word. Die boot het Sondag vermis geraak gedurende ‘n ekspedisie na die wrak van die Titanic.