Trump wil Harris ondersoek oor veldtog-‘betaling’ aan beroemdesMay 19, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil ’n ondersoek begin na Kamala Harris, sy teenstander in die 2024-verkiesing, oor beroemdes wat haar gesteun het. Hy sê kandidate mag nie betaal vir steunverklarings nie. Hy beweer Harris het dit gedoen onder die dekmantel van betaling vir vermaak. Oprah Winfrey het ’n betaling van 18-miljoen Namibiese dollar aan haar produksiemaatskappy verdedig deur te sê dit was om kostes te dek vir die onderhoud met Harris. Harris se span het gerugte ontken dat sy Beyoncé 180-miljoen dollar betaal het om by ’n byeenkoms op te tree.