Soedan-gevegte brei uit na ‘veilige’ stad

’n Sleutel-humanitêre middelpunt in Soedan se oorlog, die stad Wad Madani, waarheen sowat ‘n halfmiljoen mense gevlug het vir veiligheid, is nou ook in gevaar. Gevegte het uitgebreek tussen die paramilitêre Rapid Support Forces-magte en die Soedanese weermag net buite die stad in die broodmandjie Al Jazirah-staat. Die Verenigde Nasies het alle humanitêre veld-sendings binne en vanaf die staat tot verdere kennisgewing opgeskort, nadat dokters tientalle burgerlike beserings aangemeld het. ‘n Aandklokreël is ook tussen 6-uur die aand en 6-uur die oggend deur die staatsgoewerneur ingestel.