SOE verwelkom bewaringsbevel in lotery-saak

Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom die bewaringsbevel deur die hooggeregshof in Pretoria. Dit vries nege luukse eiendomme in Pretoria, Centurion, Hartbeespoort en Johannesburg, ‘n BMW 420i en twee Ocean Basket-franchises in Ekurhuleni. Die gesamentlike waarde is ongeveer 25 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die SOE se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die verkryging van die eiendomme is deur nie-winsgewende organisasies befonds met geld wat hulle, onder die beskerming van toelaebefondsing, van die Nasionale Loterykommissie ontvang het.