So voel luisteraars oor Black Friday

Swart Vrydag vind vanjaar op 25 November plaas en het een van die besigste inkopiedae van die jaar geword. Talle mense gryp die kans aan om afslag by kleinhandelaars te kry voor die vakansie-inkopieseisoen afskop. Die mededinging het so erg geraak dat winkels nuwe maniere ontwikkel het om die publiek se geld te kry. Kosmos 94.1 Nuus het die strate ingevaar om die publiek te vra wat hul planne is en of hulle die Swart Vrydag-inkopies gaan geniet.