So mag jy as maatskappy kompetisiese hou

Die loterywet van Namibië val onder die omgewingsministerie wat lotery-kompetisies in die land reguleer. Daar is ‘n aantal klousules in die wet wat nie heeltemal duidelik is vir lede van die publiek nie en veral maatskappy het talle vrae oor wat toelaatbaar is en wat nie. Volgens die wet is die maksimum waarde van pryse wat in elke kalenderjaar aangebied mag word die bedrag van 12 miljoen Namibiese dollar. Die maksimum aantal pryse wat in elke kalenderjaar aangebied mag word, mag nie ses oorskry nie, wat elk nie ‘n totale waarde van 1 miljoen dollar mag oorskry nie. Die minimum waarde vir die doel om ‘n kompetisie uit te sluit van ‘n promosie-kompetisie, is 5 dollar. ‘n Regspraktisyn van die regsfirma Metcalfe Beukes, Mercy Kent, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wanneer dit ‘n promosie-kompetisie is – die enigste wettige kompetisie, luidens die wet.