So lyk verbruikersbeskerming in Namibië

Die Namibiese handelsministerie het kommer uitgespreek oor die skending van verbruikersregte. Die minister Lucia Iipumbu sê daar is ‘n dringende behoefte om onbillike kommersiële praktyke wat besighede en verbruikers raak, aan te spreek en sê sy is vol vertroue dat die verbruikersbeskermingsbeleid, suksesvol geïmplementeer sal word en daardeur die gewenste resultate sal lewer. Salom Haidula, die adjunk-direkteur in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wanneer die beleid geïmplementeer sal word en presies wat dit sal beteken vir verbruikers.