So lyk Namibiese damme

Luidens die jongste dambulletin van NamWater is bronne vir die sentrale gebied tans op 66,5 persent met Von Bach wat nou vinnig leegloop, op 49 persent van kapasiteit. Swakoppoort lyk steeds baie goed op 81,3 persent en die Omatako-dam wat 64 persent water het. In die Suide het Hardap op die oomblik 54,2 persent water nadat net meer as 1,6 miljoen kubieke meter in die afgelope week deur die dorp en die groenskema onttrek is. Oanob by Rehoboth is 89,4 persent vol. Daar is geen syfers vir Neckartaldam nie. Die Dreihuk-dam wat Karasburg van water voorsien het 785 000 kubieke meter water ingeneem en staan tans op 22,8 persent. In die Ooste is totale bronne op 30,7 persent met Otjivero op 45,1 persent en die slikdam op 7 persent.