So lyk die olieprys vanjaar

Ru-oliepryse se winste is sedert die Russiese inval in die Oekraïne uitgewis. Vir die grootste deel van verlede jaar het vrese vir ‘n groot olie-voorraadskok deur Rusland marksentiment en die posisionering van handelaars gedikteer. Maar oliepryse het nie gestyg nie, selfs nadat die EU-verbod en die G7-prysperke op Russiese ruolie en petroleumprodukte in werking getree het. Rusland herlei sy olie-uitvoer na Asië, terwyl Europa meer ruolie en produkte uit die Midde-Ooste, Asië en die Verenigde State koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper gesels oor waar hy die ruolie-prys vanjaar sien…