So lyk die grense vir groente-invoere

Die Namibiese Akkerbouraad het die jongste invoerpermitte vir vars groente en vrugte bekend gemaak. Gewaste aartappels en soetmielies mag net tot 15 Augustus ingevoer word, terwyl Engelse komkommers en patats beperk word tot op 20 persent en ook net toelaatbaar is tot 15 Augustus. Skorsies, waatlemoen, spanspek mag ingevoer word tot op die maksimum toelaatbare 47 persent van verbruik tot einde Augustus. En ook tot die einde van die maand, mag groen soetrissies en spinasie tot op 30 persent ingevoer word terwyl alle invoere van beet, botterskorsie, kool, wortels, en gekleurde soetrissies verbied word.