So lyk die Gladiators se kanse

Paulus Shipanga, hoofafrigter van Brave Gladiators, sê Namibië is in ‘n gunstige groep vir die 2022 Cosafa-beker wat in Gqeberha, Suid-Afrika van 31 Augustus tot 11 September gaan plaasvind. Die Brave Gladiators is saam met Zambië, Lesotho en Eswatini in Groep B. Plaaslike sokker-ontleder, Isaack Hamata praat met Kosmos 94.1 Nuus oor Namibië se kanse.