So lyk Covid vandag

Volgens die jongste statistiek van die Namibiese gesondheidsministerie is daar 743 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Die meeste van die nuwe gevalle is in die Erongo-streek met 15 persent, gevolg deur Kavango-Oos met 13 persent. Die positiewe koers is 31 persent. Onder die nuwe gevalle is 83 leerlinge, 12 studente en ses gesondheidswerkers. Tans is daar 22 330 aktiewe gevalle waarvan 566 in die hospitaal en 116 in intensiewe sorg is. ‘n Totaal van 136 189 mense is reeds ingeënt waarvan 34 787 twee dosisse ontvang het. Die herstelkoers is tans 78 persent.