Britte is vandag vry, al is daar 50 000 gevalle daagliks

‘n Britse minister sê die derde vlaag van die Covid-pandemie in die land sal na verwagting eers laat volgende maand, of dalk vroeg in September, sy hoogtepunt bereik. Die minister van Behuising, Gemeenskappe en Plaaslike Regering Robert Jenrick sê gevalle neem steeds toe. Meer as 50 000 nuwe gevalle is daagliks oor twee agtereenvolgende dae aangemeld. Dit volg nadat Downing Street aangekondig het eerste minister Boris Johnson en kansellier Rishi Sunak sal in afsondering gaan na hulle in kontak was met die minister van Gesondheid Sajid Javid, wat die korona-virus opgedoen het.