So lyk Covid vandag

Daar is 211 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig uit 1 928 toetse. In die Khomas-strek het Windhoek 46. Kunene het 35 aangemeld en Hadap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango Oos-streek het 13 en die res is landwyd versprei. In die groep is 90 leerders , 10 onderwysers en 8 gesondheidswerkers. Aktiewe gevalle is tans op 1 472 met 142 wat herstel het. Ses sterfgevalle is bevestig.