So lyk Covid-gevalle vandag

Daar is 480 nuwe gevalle van Covid-19 uit 2 719 toetse in die land bevestig. Windhoek het weer die meeste gevalle met 193. Swakopmund het 47 en Rehoboth 36. Die ministerie van gesondheid sê daar is 51 leerders, 28 gesondheidswerkers, 18 onderwysers en 15 studente onder die groep. Aktiewe gevalle is tans op 5 259 na 61 pasiënte herstel het. Ses sterftes is ook bevestig. ‘n Totaal van 330 pasiënte is in die hospitaal met 54 in hoësorg en net minder as 76 000 landsburgers is ingeënt. Namibië beweeg vinnig aan na ‘n kumulatiewe totaal van 60 000 gevalle. Daar is tans 58 057. Die herstelkoers het effe gedaal van 95 persent na 89 persent.