So lyk beweging van slange in stedelike gebiede…

Tussen 4 000 en 30 000 mense sterf jaarliks in Afrika Suid van die Sahara aan slangbyte. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteit-navorsingsentrum van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, en twee van sy studente Ignatius Sikongo en Francois Theart is besig om waardevolle navorsing oor slange te doen. Theart, ‘n bekende slangvanger in Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.