So lyk beurtkrag oor die volgende tydgleuwe

Suid-Afrikaners sal tussen fase twee-beurtkrag en fase ses beweeg in die volgende paar dae. Verskillende tydgleuwe is aangedui vir die verskillende fases. Fase ses duur tot tien-uur vanaand waarna fase vier tot middernag hou en fase twee tot vyf-uur môreoggend. Dit volg na onwettige versetoptrede deur werknemers by Eskom. Die maatskappy se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, sê die onwettige arbeids-optrede het reuse ontwrigting by kragstasies veroorsaak en het meer besonderhede oor die fases verskaf: