So lyk beurtkrag die week (vir nou)November 13, 2023
Eskom sê beurtkrag sal die week tussen fase een, twee en drie wissel weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Fase twee sal vanoggend van vyf-uur af tot vier-uur vanmiddag toegepas word, gevolg deur fase drie tot môreoggend vyf-uur. Fase een sal dan tot vier-uur die middag van krag wees, gevolg deur fase drie tot vyf-uur Woensdagoggend. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hierdie patroon met fase een gedurende die dag en fase drie in die aande, sal tot Vrydag voortduur: