So kan jy na-vakansie finansiële stres vermy

Namibiërs wat nog nie met vakansie is nie, sal in die komende dae wel begin reis na familie en vriende om die feestyd saam te geniet. Hierdie vreugdevolle tydperk kan egter ook finansiële druk meebring omdat mense meer geld spandeer aan geskenke, reis en vermaak. Dit is van kardinale belang om feesseisoen-uitgawes wys te beplan om finansiële stres na die vakansie te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gaan kers opsteek by Mauriza Fredericks, die groephandelsmerk-bestuurder by Old Mutual Namibië, wat ‘n paar wenke deel.