Bangladesj gee SA se vroue-eendagspan ‘n loesing

Krieket: ‘n Pap boul- en veldwerkvertoning gister deur Suid-Afrika se vroue teen Bangladesj op Buffalopark in Oos-Londen is opgevolg deur ewe swak kolfwerk. Hulle is almal uitgehaal vir 131 en is uiteindelik met 119-lopies geklop in die eerste van drie eendagkragmetings. Murshida Khatun, wat onoorwonne was op 91 van 100 balle af, het Bangladesj gehelp om ‘n indrukwekkende totaal van 250 vir drie aan te teken. Suid-Afrika se mans speel van tien-uur vanoggend af in Johannesburg in die eerste van drie eendagwedstryde teen Indië.