So het jou voedselpryse in September gelyk

Die inflasiesyfer vir September vanjaar is vandag bekend gemaak deur die Namibiese Statistieke-agentskap en staan op 7,1 persent teenoor 7,3 persent wat in Augustus aangeteken is. Hierby is die besonderhede van voedselsoorte se prysstygings ook bekend gemaak. Olies en vette is op met 25,5 persent en vrugte met 20,4 persent. Grane en brode is 10,7 persent duurder en suikerprodukte, 10,1 persent. Jy het gedurende die maand 9,4 persent meer vir groente betaal, 8,5 persent meer vir koffie en tee, 7 persent vir koeldrank en sappe, en 6 persent vir vleis. Suiwelprodukte en eiers was 5,8 persent duurder en vis, 3,9 persent.