Sprinkaan-eiers is bestand teen brande

Die brande wat groot dele van die land verwoes het, sal geen verligting vir boere bring in die vorm van sprinkaan-plae nie. Groot dele van die Zambezi- en twee Kavango-streke sowel as dele van Otjozondjupa, Hardap en Karas, wat uitdagings met plae gehad het, is deur brande verwoes, maar volgens dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die beheer van plae, beïnvloed brande nie sprinkaan-eiers nie.