SNP werk saam met Skotse polisie oor Sturgeon se man en partyfondse

Die Skotse Nasionale Party sê hy werk ten volle saam met die polisie in sy voortgaande ondersoek na die party se befondsing en finansies. Dit volg nadat die voormalige eerste minister, Nicola Sturgeon, se man gister in hegtenis geneem is. Peter Murrell het verlede maand bedank as die party se uitvoerende hoof, ‘n pos wat hy sedert 1999 beklee het. Die ondersoek is van stapel gestuur na klagtes oor die manier waarop die party skenkings van meer as 13,5 miljoen Namibiese dollar hanteer het. Humza Yousaf, wat Sturgeon opgevolg het, sê die party het ingestem om bestuur en deursigtigheid te hersien.