Kaapstad malikste om sake in te doen

Die Stad Kaapstad sê sy konsepbegroting vir 2023/2024 bou voort op sy werk tot dusver om Kaapstad die beste en maklikste plek te maak om sake te doen. Daar sal byvoorbeeld 121 miljoen Suid-Afrikaanse rand geoormerk word vir breëband-infrastruktuur en 184 miljoen rand vir handelsgebied-kapitaalopgraderings. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die uitbreiding van die stad se koalisieprogram met nywerheid-sakevennote ontvang in die volgende boekjaar ‘n hupstoot van 114 miljoen rand: