Sneeustorting in Indië eis twee skiërs

Twee skiërs is dood en ongeveer 20 mense is gered in ‘n sneeustorting in die Kasjmir-streek in Indië. Die twee skiërs is buitelanders en die 19 mense wat gered is, is ook oorsese besoekers. Hul nasionaliteite is nog onbekend. Die polisie sê die sneeustorting by die gewilde ski-oord, Gulmarg, is veroorsaak deur die afgelope dae se swaar sneeu.