Rugby: Lof vir gay All Black  

Rugby: Die Nieu-Seelandse voorspeler, Ardie Savea sê hy glo Campbell Johnstone se ‘waagmoedige verklaring’ as die eerste gay All Black kan die weg baan vir ander rugbysterre. Johnstone, ʼn 43-jarige voormalige voorryman wat in 2005 in drie toetse vir die All Blacks gespeel het, se verklaring is tydens ʼn televisieonderhoud in Nieu-Seeland gedoen. Savea het Nieu-Seeland al by geleentheid aangevoer en is deel van die All Blacks se leierskapgroep. Savea glo dit het ʼn presedent geskep in die harde wêreld van Nieu-Seelandse rugby. Die All Blacks, Brad Weber en Aaron Smith, het Johnstone ook lof toegeswaai.