Sneeuluiperd toets positief vir Covid

‘n Sneeuluiperd het positief getoets vir die koronavirus in ‘n dieretuin in San Diego, Amerika. Dit is die vierde geval van dié aard in die land nadat drie sneeuluiperds in Louisville se dieretuin in Desember verlede jaar ook die virus opgedoen het. Die dieretuin in San Diego sê hy weet nie hoe die dier besmet geraak het nie, en gaan voort met ‘n inentingsprogram om ander diere te beskerm. Daar is slegs tussen 4 000 en 6 000 sneeuluiperds in die wêreld oor.