Sneeu val in Lesotho

Sneeu het soos voorspel oornag by Afriski in Lesotho geval. Dit is die ski-oord se tweede groot sneeuval van die winter tot dusver. Die Moteng-pas, ‘n noodsaaklike toegangsroete na die oord, is kliphard gevries en derhalwe vir verkeer gesluit.