SMS-diens vir Namibiese paspoort-aansoekers ingestel 

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het ‘n SMS-kennisgewingdiens vir paspoort-aansoekdienste ingestel. Die ministerie verskaf tans die diens aan aansoekers om identiteitskaarte en het onlangs die aanbod uitgebrei om ook paspoort-aansoekdienste in te sluit om openbare dienslewering te verbeter. Etienne Maritz, die uitvoerende direkteur in die ministerie, sê paspoort-aansoekers sal nou ‘n SMS op hul selfoon ontvang sodra hul aansoek om ‘n paspoort goedgekeur, gedruk en na die kantoor waar hulle aansoek gedoen het, versend is. ‘n Woordvoerder van die ministerie Sakeus Kadhikwa sê aan Kosmos 94. Nuus aansoekers sal ‘n SMS vanaf 10001 ontvang.