Smith soek nie-inmengingsbevel teen Trump

Die aanklaer in die verkiesingsinmengingsaak teen Donald Trump het ‘n regter vir ‘n nie-inmengingsbevel teen hom gevra. Dit sal die voormalige Amerikaanse president beperk oor wat hy in die openbaar oor die saak mag sê. Die spesiale aanklaer, Jack Smith, se aansoek lui dit sal die teistering van getuies en waninligting verhoed. Dit het gelei tot ‘n woedende reaksie van Trump op sosiale media waarin hy vra of hy nou glad nie toegelaat sal word om te praat nie. Hy het skuld ontken op aanklagte van sameswering om die 2020-verkiesing om te keer.