SMEs Compete verwelkom Nujoma se aanmerkings

Die bywoning van Utoni Nujoma, die Namibiese minister van arbeid, aan ‘n Chinese-handelsforum in daardie land, wat handel tussen China en die Afrika-kontinent bevorder, het wenkbroue laat lig omdat dit nie deel vorm van sy portefeulje nie. Maar, hy het by die forum gepraat oor hoe Namibiese mikro-sakeondernemings en selfs informele handelaars voordeel uit die forum kan trek. Terwyl hy geen besonderhede hieroor bekend gemaak het nie, blyk dat dat Danny Meyer van die SMEs Compete die aankondiging verwelkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die forum die kleinhandelaars moontlik kan bevoordeel.