SMEs Compete stem saam met verdoemende bevinding oor ekonomie

SMEs Compete stem saam met die Ekonomiese Vereniging van Namibië wat sê dat die huidige tendens van werkloosheid en ook werkloosheid wat toeneem, sal nie in die nabye toekoms omgekeer kan word nie. Volgens navorsing deur die vereniging sal nog werkers in die formele sektor hul poste verloor en werk sal nie geskep word nie. Dit, terwyl die werksmag bly groei. Luidens die verslag wat bekend gemaak is, is die Namibiese ekonomie nie daartoe in stand om volhoubare werk te skep nie. Die VN se Bevolkingsfonds het voorspel dat teen 2021, werkloosheid die helfte van die land se jeug sal raak. Amptelike syfers vir 2018 toon dat 46 persent van die jeug daardie jaar werkloos was. Danny Meyer van SME’s Compete sê aan Kosmos 94.1 Nuus die werkloosheidprobleem word net groter en groter.