SAUK skik met voormalige hoof van nuus

Die SAUK het ‘n skikking met sy voormalige hoof van nuus, Phathiswa Magopeni, bereik. Die openbare uitsaaier het Magopeni in Januarie ná ’n dissiplinêre proses afgedank. Besonderhede van die skikking is nie bekend gemaak nie. Die verhoor in Desember het haar skuldig bevind aan wangedrag omdat sy versuim het om die uitsending van ‘n interdikte episode van die ondersoekende nuusprogram Special Assignment te verhoed. Sy het ook vroeër ‘n opdrag van die bestuur geïgnoreer vir ‘n impromptu onderhoud met President Cyril Ramaphosa in die aanloop tot verlede jaar se plaaslike regeringsverkiesing.