SME’s Compete sê ekonomiese rol van informele sektor word onderskat

SME’s Compete beaam dat die informele sektor ‘n groot bydraer van die Namibiese ekonomie is. Klein- en medium sakeondernemings dra 12 persent tot die land se ekonomie by. Namibië het ongeveer 33 700 van dié ondernemings wat kos op die tafel sit vir 160 000 werkers. Penda ya Ndokolo, die goewerneur van Oshikoto, het tydens die Know2Grow NextGen Entrepreneurs-ekspo beklemtoon dit is uiters belangrik dat ‘n omgewing geskep word vir jongmense in die land om hul besigheidsplanne te kan uitvoer. Danny Meyer, direkteur van SME’s Compete, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die rol van mikro-ondernemings word onderskat.