SME Bank: Likwidateurs en raad poog om te skik

Regter Hannelie Prinsloo sal na verwagting vanmiddag die saak waar die likwidateurs die direkteure van die bankrot SME Bank dagvaar, tot 26 Januarie uitstel. Luidens haar bevel het die partye tyd nodig omdat hulle besig is om te onderhandel oor ‘n skikkingsooreenkoms. Dave Bruni en Ian McClaren sê die raad is verantwoordelik vir die riskante en bedrieglike wyse waarop die SME Bank bestuur is. In hulle stukke voor die hof maak hulle melding van die Bank van Namibië se goedkeuring van Enock Kamushinda se aansoek vir ‘n banklisensie. Kamushinda, volgens die twee, het nie ‘n goeie rekord gehad nie en is ook deur die Zimbabwiese Reserwe Bank as verdag beskryf. Hulle sê die media het na hom verwys as Kamushady. Hulle meen die respondente is sonder enige beperking verantwoordelik vir al die skuld en laste van die SME Bank en al die kostes van die likwidasie, hier en elders.