‘Sluipmoord op President van Haïti ongehoord’

Die sluipmoord op die President van Haïti, Jovenel Moïse, het die Karibiese nasie geskok. Die 53-jarige Moïse is doodgeskiet en sy vrou, Martine, ernstig beseer toe gewapende mans gister hul huis in Port-au-Prince binne gestorm het. Die polisie in Haïti het vier verdagtes doodgeskiet wat met die sluipmoord op president verbind word. Nóg twee is in hegtenis geneem. Die polisie sê hulle soek na nog verdagtes. Die presidentsvrou is na Florida in Amerika geneem waar sy behandel word. ‘n Noodtoestand is in die land afgekondig. Suid-Afriakanse politieke kommentator, professor Nixon Kariithi, sê die wêreld moet ingryp. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus uit Johannesburg gesels.