Slimfone moet in skole verbied word – Unesco

‘n Verslag deur Unesco, die Verenigde Nasies se agentskap vir onderwys, wetenskap en kultuur, het aanbeveel slimfone word in skole verbied. Dis ‘n poging om leer te bevorder en kinders teen aanlyn boelies te beskerm. Volgens die verslag word die oormatige gebruik van selfone verbind met verlaagde opvoedingsprestasie terwyl baie skermtyd ‘n negatiewe uitwerking het op kinders se emosionele stabiliteit. Finland het verlede maand die jongste Europese land geword om selfone in klaskamers te verbied. Audrey Aloza van Unesco sê digitale tegnologie moet nooit voorkeur kry bo ‘n mens-gesentreerde onderrigvisie nie.