Slenters bedreig veghonde, eienaars

Die Nasionale Raad vir DBV’s in die buurland waarsku oor slenters oor veghonde wat die ronde doen. Een daarvan is ‘n plasing van ‘n onbevestigde regeringsrekening waarin ‘n beloning van 1 500 Suid-Afrikaanse rand toegeken word aan enigiemand wat die adresse van eiendomme waar die honde gehou word, aanmeld. Keshvi Nair van die raad sê die plasing stel die honde en hulle eienaars in gevaar. Intussen is daar ook mense wat rondbeweeg en hulle voordoen as DBV-personeel en dan eis dat mense hul honde aan hulle moet oorhandig. Die raad het bevestig beide is slenters.