Slegs twee Covid-sterftes in twee distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in twee distrikte, Keetmanshoop en Onandjokwe, aangemeld, asook 89 nuwe gevalle uit 1 326 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 6,7 persent verteenwoordig. In die groep is 50 leerders, drie onderwysers en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 328 aktiewe gevalle, waarvan 104 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste Covid-syfers.