Namibiese polisielede vir inenting aangemoedig

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het ‘n beroep op polisielede gedoen om teen Covid-19 ingeënt te word. Hy sê die enigste manier hoe hulle veiliger teen die Covid-virus kan wees, is as hulle ingeënt is. Die polisiehoof sê so beskerm hulle ook hul familielede, vriende en kollegas.