Slegs sewe Covid-sterftes in drie distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het sewe Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 157 nuwe gevalle uit 1 075 toetsuitslae. Dit verteenwoordig ‘n 15 persente positiewe koers. In die groep is 31 leerders, drie studente, twee onderwysers en vier gesondheidswerkers. Daar is nou 20 148 aktiewe gevalle, waarvan 433 gehospitaliseer en 84 in intensiewe sorgeenhede is. Die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-statistieke.