Slegs een Covid-pasiënt in ‘n intensiewesorgeenheid

Die Namibiese gesondheidsministerie het 14 nuwe Covid-gevalle uit 1 056 gevalle aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,3 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders en studente elk. Daar is nou 72 aktiewe gevalle, waarvan tien in hospitale en een in ‘n intensiewesorgeenheid is. Altesaam 294 586 persone is ten volle ingeënt.