Egpaar van Pretoria skuldig bevind aan kinderverwaarlosing

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n egpaar van Booysens skuldig bevind aan kinderverwaarlosing, algemene aanranding en versuim om ‘n kind te registreer. Die hof het gehoor dat Wayne en Justine Loubser hulle baba herhaaldelik aangerand het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die saak is uitgestel tot 1 Februarie wanneer hulle gevonnis sal word.