Slegs 5 812 Namibiese leerders kwalifiseer vir tersiêre onderrig

Uit die 38 019 Namibiese voltydse kandidate wat die eksamen vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak, NSSCO, afgelê het, het net 5 812 kandidate 25 punte en meer behaal om te kwalifiseer vir tersiêre onderrig. Die onderwysminister Anna Nghipondoka is ontsteld oor die afname van 8 958 leerders wat as voltydse kandidate vanjaar die eksamens afgelê het. Sy sê is dit hoogtyd dat minder leerders by die Namibiese Kollege vir Beroepsgerigte Onderrig, bekend as Namcol, studeer. Volgens Nghipondoka gebruik onderwysers wat nie hul werk doen nie, Namcol as ‘n uitweg. Sy is ook geskok oor die 420 deeltydse leerders wat nul in hul wiskunde-eksamen gekry het.