Slegs 42% van Covid-sterftes in Gauteng aangemeld

Die DA in Gauteng sê dié provinsie se Gesondheidsdepartement het amptelik 10 770 Covid-19-sterftes aangeteken. Die departement het egter erken dat dit net sowat 42 persent van die oortollige sterftesyfer volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se beraming is. Jack Bloom van die DA sê die departement skat dat 13 756 Covid-19-sterftes in die provinsie nog nie amptelik aangeteken is nie, maar hy werk aan die presiese data.